Oté fasiliteer die verkryging van gekommodiseerde landbou-insette direk vanaf die invoerders via ‘n uiters veilige aanlyn platform.

Oté vergemaklik die verkryging van gekommodiseerde landbou-insette direk vanaf invoerders via ‘n uiters veilige aanlynplatform. Ons speel ‘n belangrike rol in die bemagtiging van boere om winsgewend te boer. Dit wil sê, ons verkry die beste prys vir insette en verlaag die kooprisiko. Ons gebruik boere se beplanning en gekombineerde koopkrag saam met kennis van gunstige kooptye. Oté se model verander die speelveld vir progressiewe boere.

BESPAAR OP INSETTE EN BOER WINSGEWEND

Met die aanvanklike fokus op die verskaffing van “straight” kunsmis, bring Oté se aanlyn aankoop proses ‘n aansienlike besparing teweeg. Boonop sorg Oté dat u weet wanneer die prys reg is om te koop, wat nog meer geld in u sak hou. Ja, jy boer meer winsgewend. Kyk na die Tendense blad vir inligting oor wêreldpryse om te sien hoe u kan bespaar.

WAAROM INSETTE WAT OP DIE TRADISIONELE MANIER VERKRY WORD, DUUR IS

Insette soos kunsmis word verkry van tradisionele verskaffers. Dit is duur om insette op die outydse manier te bekom. Omdat kunsmis 40% tot 45% van u insetkoste uitmaak, is dit sinvol dat u hier moet spaar om meer winsgewend te boer. Die meeste tradisionele verskaffers het vaste oorhoofse uitgawes en wat onvermydelik aan die kliënt oorgedra word. En natuurlik die groot uitgawe van tradisionele bemarking in die vorm van verkoopspersoneel. Boere doen tradisioneel aankope tydens tye wat nie noodwendig die gunstigste is ten opsigte van pryse nie.