“Oté lewer ‘n progressiewe model wat ‘n nuwe blik op die manier waarop jy boer, vereis.”

Sal Oté vir my werk? Vrees vir die onbekende is die teenstander van verandering. Oté lewer dus ‘n progressiewe model wat ‘n nuwe blik bied op die manier waarop u boer. Ons model bied aan boere die opsie om insette soos kunsmis aan te skaf op ‘n bekostigbare, deursigtige en veilige manier. Die aankoop van insette via Oté bied boere die geleentheid om hul kennis en beplanning tot hul voordeel te gebruik. Dit wil sê, boere kry die voordeel van gesamentlike koopkrag via ‘n model wat die beste moontlike prys vir insette deur verkryging direk van invoerders verseker

Hoekom Oté

“Wanneer kennis, oorgeërf sowel as self opgedoen, gebruik word om ‘n mens se keuses te bepaal, word beter besluite geneem”. Oté bied geleenthede deur opsies te lewer in ‘n tyd waarin opsies beperk is. Ons dra die waarde van ons innoverende model vir die verkryging van insette aan ons boere oor deur ons koste en hul risiko te verminder. Die Oté-oplossing beloon die keuse om te verander vir u toekomstige groei- future growth.

Boere moet vandag uitdagings vanuit alle oorde die hoof bied. Droogtes wat veroorsaak word deur vinnige klimaatsverandering, lae pryse vir produkte en hoë insetkoste is van die uitdagings. Boonop dra kwessies soos verhoogde regulering en verbruikersneigings en aktivisme ook by tot die situasie waarin boere verkeer.

Deur insette via Oté te koop, benut boere die geleentheid om hul kennis, beplanning, gekombineerde aankope en bestaande infrastruktuur tot hul voordeel te gebruik.

Beter Pryse & Waarde

“Wanneer kennis, oorgeërf sowel as self opgedoen, gebruik word om ‘n mens se keuses te bepaal, word beter besluite geneem.” Deur insette via Oté te koop, benut boere die geleentheid om hul kennis, beplanning, gekombineerde aankope en bestaande infrastruktuur tot hul voordeel te gebruik.

WAT IS HIERDIE GELEENTHEDE?

  • Gesamentlike aankope
    Omdat kunsmis ‘n volume spel is waar die grootste voordeel beding word met groter volumes maak Oté se model dit moontlik om met oorsese verskaffers en invoerders besigheid te doen en die beste pryse te beding. Oté se platform maak dit moontlik vir boere, nie net in ‘n spesifieke streek nie, maar landswyd om hul tonne te kombineer en hul die beste kans te gee om teen die laagste prys aan te koop.
  • Koop op die gunstige tyd vs “just-in-time (JIT)”
    Wat duidelik deur die inligting op ons “Tendens Blad” uitgewys word, is dat daar gewoonlik ‘n tyd elke jaar is wanneer die prys van kunsmis op ‘n laagtepunt is. Dikwels koop boere kort voor dit benodig word kunsmis aan wat nie tydens hierdie laagtepunt is nie. Dit is gewoonlik op hierdie tydstip van lae pryse wanneer tradisionele kunsmis verskaffers produk aankoop en nou bied Oté aan boere ook die geleentheid om dit te doen en te spaar.
  • Vaste transaksie fooi vs winsgrens
    ‘n Lae oorhoofse koste struktuur maak dit moontlik vir Oté om slegs a vaste transaksie fooi te hef. Dit is nie nodig vir Oté om hoë oorhoofse kostes, bemarkingskostes en infrastruktuur kostes in ons prys te verhaal nie en daarom is dit moontlik om slegs ‘n vaste transaksie fooi te hef.
  • Losmaat vs versakte produk
    ‘n Onmiddellike besparing van ten minste R190 per ton word verkry wanneer losmaat produk in losmaat gekoop word eerder as in sakke. ‘n Verdere voordeel is dat ‘side-tipper’ vragmotors, in meeste areas, baie meer beskikbaar is as platbak vragmotors en die besparing van ‘n ‘side-tipper’ vragmotor teenoor ‘n platbak vragmotor is ten minste R100 per ton. Selfs al word die grootste besparing met losmaat produk behaal kan Oté ook versakte produk lewer.
  • “Straights” vs gemengde produk
    Behalwe vir ‘n besparing aan vermenging van ten minste R80 per ton bied “straight” kunsmis jou die geleentheid om spesifieke voeding behoeftes aan te spreek sonder om in te boet op ander elemente van jou gewasse. Oormatige kunsmis versadig nie net plante met voedingstowwe nie en lei tot moontlike grond besoedeling nie, maar mors ook onnodig geld.
  • Betaal terme
    Finansieringskostes dra by tot boere se insetkoste wat alreeds hoog is. Ons oorsese verskaffers mag moontlik uitgestelde betaal terme beskikbaar stel teen internasionale rentekoerse wat gewoonlik wesenlik laer is as die plaaslike rentekoerse en wat verder bydrae tot die boer se winsgewendheid.

Verder is een van die funksionaliteite van G-PAY™, die stelsel wat Oté gebruik om ‘n boer se geld te beveilig, om slegs die fondse op ‘n boer se oortrokke fasiliteit te reserveer wat beteken dat die boer nie rente sal betaal totdat die betaling vir die kunsmis aan Oté gedoen word nie.

Beter Pryse & Waarde

“Wanneer kennis, oorgeërf sowel as self opgedoen, gebruik word om ‘n mens se keuses te bepaal, word beter besluite geneem.” Deur insette via Oté te koop, benut boere die geleentheid om hul kennis, beplanning, gekombineerde aankope en bestaande infrastruktuur tot hul voordeel te gebruik.

WAT IS HIERDIE GELEENTHEDE?

    • Gesamentlike aankope
      Omdat kunsmis ‘n volume spel is waar die grootste voordeel beding word met groter volumes maak Oté se model dit moontlik om met oorsese verskaffers en invoerders besigheid te doen en die beste pryse te beding. Oté se platform maak dit moontlik vir boere, nie net in ‘n spesifieke streek nie, maar landswyd om hul tonne te kombineer en hul die beste kans te gee om teen die laagste prys aan te koop.
    • Koop op die gunstige tyd vs “just-in-time (JIT)”
      Wat duidelik deur die inligting op ons “Tendens Blad” uitgewys word, is dat daar gewoonlik ‘n tyd elke jaar is wanneer die prys van kunsmis op ‘n laagtepunt is. Dikwels koop boere kort voor dit benodig word kunsmis aan wat nie tydens hierdie laagtepunt is nie. Dit is gewoonlik op hierdie tydstip van lae pryse wanneer tradisionele kunsmis verskaffers produk aankoop en nou bied Oté aan boere ook die geleentheid om dit te doen en te spaar.
    • Vaste transaksie fooi vs winsgrens
      ‘n Lae oorhoofse koste struktuur maak dit moontlik vir Oté om slegs a vaste transaksie fooi te hef. Dit is nie nodig vir Oté om hoë oorhoofse kostes, bemarkingskostes en infrastruktuur kostes in ons prys te verhaal nie en daarom is dit moontlik om slegs ‘n vaste transaksie fooi te hef.
    • Losmaat vs versakte produk
      ‘n Onmiddellike besparing van ten minste R190 per ton word verkry wanneer losmaat produk in losmaat gekoop word eerder as in sakke. ‘n Verdere voordeel is dat ‘side-tipper’ vragmotors, in meeste areas, baie meer beskikbaar is as platbak vragmotors en die besparing van ‘n ‘side-tipper’ vragmotor teenoor ‘n platbak vragmotor is ten minste R100 per ton. Selfs al word die grootste besparing met losmaat produk behaal kan Oté ook versakte produk lewer.
    • “Straights” vs gemengde produk
      Behalwe vir ‘n besparing aan vermenging van ten minste R80 per ton bied “straight” kunsmis jou die geleentheid om spesifieke voeding behoeftes aan te spreek sonder om in te boet op ander elemente van jou gewasse. Oormatige kunsmis versadig nie net plante met voedingstowwe nie en lei tot moontlike grond besoedeling nie, maar mors ook onnodig geld.
    • Betaal terme
      Finansieringskostes dra by tot boere se insetkoste wat alreeds hoog is. Ons oorsese verskaffers mag moontlik uitgestelde betaal terme beskikbaar stel teen internasionale rentekoerse wat gewoonlik wesenlik laer is as die plaaslike rentekoerse en wat verder bydrae tot die boer se winsgewendheid.

Kwaliteit en Produk Waarborg

Laer pryse laat altyd die vraag ontstaan of daar ingeboet word op kwaliteit en ons besef dat boere nie kan werk met swak kwaliteit kunsmis nie. Daarom is dit belangrik om die volgende in gedagte te hou:

    • Ons verskaffers voorsien aan tradiosnele kunsmis verskaffers en mengaanlegte.Hierdie selfde produk bied Oté ook aan sy kliënte aan.
    • Elke produk het ‘n spesifikasie blad van die verskaffers sodat die boer vooraf weet watter kwaliteit hy kan verwag en waarteen hy die uiteindelik die kwaliteit van die produk wat hy ontvang het kan kontroleer.
    • Ons verskaffers waarborg dat die produk aan hierdie spesifikasies sal voldoen en sif die produk waar noudig om moontlike klont probleme te voorkom.

Betroubare Aflewering

Oté gebruik ervare vervoer maatskappye om die produk op die plaas af te lewer en verhaal slegs die koste in die prys.